What makes the
EASTERN FREE STATE
lekker?

NG Kerk Fouriesburg

Die gemeente self is op 10 Februarie 1894 deur die Oostelike Ring gestig, met ds. H. van Broekhuizen van Ficksburg as konsulent. Ds. Michiel Heyns was die eerste leraar van die gemeente. Hy was ‘n diep geestelike man en het ‘n hegte fondament vir die gemeente gele. Met groot seën het hy van Oktober 1894 hier gearbei tot hy in 21 Februarie 1906 weens verswakte gesondheid sy demissie moes aanvaar. Op 5 Mei 1907 is hy dan ook oorlede en hier begrawe. Die kerkgebou is ontwerp deur die argitek J.B. Pentland Smith en die hoeksteen gelê op 12 Maart 1908. Ds Ronel Coertzen is tans die leraar.
NG fouries cover2

Contact Us